Algemene Vrae

Indien ’n vraag nie hier beantwoord word nie, stuur ’n e-pos aan [email protected]

Wat is opname-navorsing?

Opname-navorsing is die wetenskaplike proses waar verbruikers se menings, houdings en gedrag gemeet word.

Navorsers probeer vasstel wat verbruikers se mening oor produkte, maatskaplike probleme, ervarings met dienste en ander onderwerpe is.

Dié inligting word gebruik om nuwe produkte te ontwikkel en diens te verbeter.

Dit word deur verskeie organisasies soos gesondheidsdiensverskaffers, diensverskaffers, finansiële instellings, uitgewers en produkvervaardigers gebruik.

Navorsers respekteer deelnemers se reg tot privaatheid of keuse om nie deel te neem nie.

Opname-navorsingsinstansies onthul nooit ’n respondent se identiteit, persoonlike inligting of individuele antwoorde nie.

Waarom is opname-navorsing belangrik?

Opname-navorsing is belangrik omdat dit produkte en dienste wat mense wil hê en benodig, help skep.

Deur aan opname-navorsing deel te neem, kan jy jou mening anoniem lug en met die proses help.

Deelnemers aan navorsing help byvoorbeeld om produkte wat ontwikkel word en die gehalte van kliëntediens wat hulle ontvang, te beïnvloed.

Wat is ’n “respondent”?

’n Respondent is ’n persoon, soos jy, wat gevra word om aan ’n meningsopname deel te neem.

Wie kan by Forum24 aansluit?

Enigiemand met ’n e-posadres en toegang tot die internet. Jy moet ook in die Republiek van Suid-Afrika woon en indien jy minderjarig is (jonger as 18) benodig jy jou ouers/voog se toestemming.

Hoe werk dit?

Wanneer jy registreer, voorsien jy ons van inligting vir die doeleindes van jou profiel, wat vasstel watter navorsingsprojekte by jou belangstellings pas. Wanneer ’n geskikte projek beskikbaar raak, stuur ons vir jou ’n skakel na die aanlyn-meningsopname.

Wat van privaatheid en “spam”?

Ons is baie ernstig oor privaatheid en ons het ’n anti-spam-beleid. Al jou inligting en persoonlike inligting word streng vertroulik gehou en word nie aan ’n derde party gegee nie. Raadpleeg Bepalings en Voorwaardes vir meer besonderhede.
 

Toe ek by Forum24 aangesluit het, het ek nie ’n e-pos ontvang nie

Kyk asseblief of dit in jou gemorspos-/Spam-mandjie is.

Ek het nie my 30 beloningpunte ontvang vir aansluiting by Forum24 nie

Jy behoort ‘n registrasievraelys per e- posadres te ontvang. Jy kan dit ook in die opnamepaneelbord vind wanneer jy aanmeld by jou rekening met jou e- posadres en wagwoord. Nadat jy hierdie opname voltooi het, behoort 30 punte in jou virtuele beursie te verskyn.

1) Meld aan deur jou e-posadres en wagwoord te gebruik.
2) Gaan na die linkerkantse kieslys en kies die eerste opsie: “My rekening”.
3) ’n Tabel sal verskyn, en die eerste kolom se titel is “Opnames”.
4) In hierdie Opnames-kolom is daar ’n skakel “Registrasieproses”.
5) Klik op hierdie skakel om die registrasie-opname oop te maak.
6) Voltooi asseblief al die vrae, dan ontvang jy jou 30 beloningspunte
 

Wat as my persoonlike besonderhede verander?

Jy kan jou besonderhede enige tyd verander in gebruikerinstellings en gebruikersprofiel verander deur die volgende stappe te volg:

1) Meld aan met jou e-posadres en wagwoord
2) Navigeer na die boonste regterkieslys, laaste opsie “Gebruiker”;
3) Wanneer daaroor beweeg word, sal ‘n kieslys verskyn, kies dan “Wysig rekening” om basiese rekeninginligting te verander
4) Om profileringdata te verander, gaan na “Profiel” in die boonste linkerkieslys.
5) Gaan vraagkategorieë na en vind vrae wat jy wil bywerk.

Hoe verander ek my e-posadres?

Jou opname-uitnodigings sal gestuur word na watter
e-posadres jy ook al geregistreer het. Ons kan dit nie na ‘n ander een stuur
nie, aangesien ons nie toegang tot paneellede se inligting het vir sekuriteits-
en privaatheidsredes nie.

As jy die e-posadres wil verander waarna
opname-uitnodigings gestuur word, kontak ons asseblief by 
[email protected]

 

Ek het my wagwoord vergeet!

As jy nie jou ou wagwoord kan onthou nie, moet jy dieherstelfunksie in die aanmeldvorm gebruik.

 

Ek het my wagwoord vergeet! As jy nie jou ou wagwoord kan onthou nie, moet jy die herstelfunksie in die aanmeldvorm gebruik. Gaan na die aanmeldvorm op die hoofblad en druk op “Het jou wagwoord vergeet?”. Jy sal gevra word om jou registrasie-e-posadres in te voer en die wagwoordherstelprosedure te begin. Jy sal ‘n herstelskakel per e-pos ontvang, sodra jy dit druk, sal jy ‘n nuwe wagwoord moet invoer. As jy steeds probleme ondervind, moenie huiwer om ons te kontak by [email protected] nie.

 

Hoe eis ek ‘n prys in?

Sodra jy aangemeld is, navigeer asseblief na die boonste linkerkieslys vir die “Belonings” sleutel. Klik dan op die “Versoek” knoppie van die toepaslike prys. Jy sal ‘n e-pos ontvang met ‘n bewyskode en instruksies oor hoe om dit te gebruik.

Hoe gereeld sal ek uitnodigings vir meningsopnames ontvang?

Jy kry ’n uitnodiging na ’n meningsopname wanneer jou profiel aan ons respondentkriteria voldoen en ons ’n beskikbare opname het. Dit is ’n wisselvallige proses.

Hoe lank neem dit om punte te verkry?

Dit hang af van hoeveel uitnodigings jou profiel genereer. ’n Enkele meningsopname kan jou tussen 10 en 100 punte laat verdien. Onthou dat jy ook punte kan verdien deur vriende na Forum24 te verwys. 

Die getal punte wat jy benodig, hang af van die prys wat jy wil opeis. Die minimum is 100 punte.

Neem kennis dat jou punte herstel word na nul elke keer wanneer jy ’n prys opeis. Indien jy ’n prys wil opeis wat meer punte werd is as wat jy het, is dit beter om te wag tot jy genoeg punte het.

Hoe verwys ek ’n vriend/in?

Meld aan, klik op Verwys ‘n vriend/in en tik sy/haar naam en e-posadres in. Jou profiel sal met 5 punte gekrediteer word vir elke vriend/in wat suksesvol by Forum24 aansluit.

Rewards, rewards, rewards!

Ek het my wagwoord vergeet!