Belonings

Wat is nou lekkerder as om beloon te word omdat jy jou mening gelug het?

Wanneer jy by Forum24 aansluit sal jy met punte beloon word vir elke opname waaraan jy deelneem.

Registreer = 30 punte

Voltooi ’n opname = 10 tot 150 punte

Beloningspunte word opgehoop en kan enige tyd opgeëis word deur aan te meld. Sodra jy genoeg punte het, kan jy hulle gebruik vir verskeie opwindende Belonings.

Ons beloon ons paneellede met koopbewyse ter waarde van R30 tot R500, afhangend van hul puntesaldo. Aanlyn-koopbewyse van takealot.com en Yoyo kan opgeëis word. Op takealot.com kan jy enigiets van kruideniersware tot elektroniese-toerusting bestel. Op Yoyo ontvang jy koopbewyse van meer as 30 gewilde kleinhandelwinkels soos Incredible Connection, Mr D, Nandos, Mugg & Bean, Netflorist, Pick n Pay en Wimpy, om slegs ‘n paar te noem. Jy kan ook jou punte gebruik om lugtyd te koop van die diensverskaffer van jou keuse. 

Hier is voorbeelde van die Belonings:

R30 Selfoonlugtyd = 100 punte

R50 Clicks-geskenkbewys = 200 punte

R100 takealot.com-geskenkbewys = 350 punte

R250 Yoyo-geskenkbewys = 1000 punte

Sluit vandag aan, sê jou sê en word beloon! Reeds ’n lid? Kies jou Beloning. Bepalings en voorwaardes geld.