Oor Ons

As ’n lid van Forum24 sal jy genooi word om deel te neem aan ‘n verskeidenheid interessante opnames om ons te help om verskeie produkte en dienste beter by jou, jou behoeftes en jou verwagtinge aan te pas.

In hierdie aanlyn-opnames kan jy jou opinie en gedagtes oor ’n wye verskeidenheid vraagstukke en onderwerpe uitdruk waar daar geen regte of verkeerde antwoord is nie. Byvoorbeeld, ons sal jou vrae vra oor jou lewenstyl, koopgewoontes en media-gebruik, of jou opinie oor verskeie produkte en dienste. 

Enigiemand kan by die paneel aansluit, ongeag die publikasies wat jy lees, indien enige.

Jy hoef nie ‘n aanlynleser of ‘n koerantleser te wees on by Forum24 aan te sluit nie, en jou privaatheid word altyd gewaarborg. Jou naam en identiteit sal nooit aan jou opname-antwoorde gekoppel word nie.

Deur aan te meld om ons opnames te ontvang, het jy die geleentheid om jou anonieme mening bekend te maak aan dié mense wat verandering kan beïnvloed.

Sluit vandag aan, laat jou stem hoor en word beloon.