Jou Regte

Jou deelname aan ons opnames is vir ons baie belangrik, en ons heg waarde aan die inligting wat jy verskaf.

Ons verhouding met jou sal dus op respek en bedagsaamheid gegrond wees, met die toepassing van die volgende beginsels:

  • Jou privaatheid en die vertroulikheid van jou antwoorde word te alle tye gerespekteer. 
  • Jou naam, adres, e-posadres, persoonlike inligting en individuele antwoorde sal nie aan enigiemand buite die navorsingsprojek bekend gemaak word nie. 
  • Jy sal ’n tydraamwerk kry waarbinne jy die opname met gemak kan voltooi. 
  • Jou besluit om aan enige opname deel te neem, enige vrae te beantwoord, op ’n ander tyd gekontak te word of om aan deelname te onttrek, word te alle tye gerespekteer. 
  • Jy kan verseker wees van die hoogste standaarde van professionele gedrag met die insameling en rapportering van inligting wat jy voorsien.
  • Al wat van jou vereis word is om eerlik te wees en jou profiel op datum to hou. Dit beteken om eerlike inligting van jouself aan ons te verskaf en slegs een profiel te he, selfs al het jy veelvuldige e-posadresse.